Canariesfontein Gasteplaas

Canariesfontein Gasteplaas is geleë tussen Loxton en Carnarvon. Die Gasteplaas is op n werkende Karoo plaas en bied n verskeidenheid roetes vir stapper, fietsryers, motorfietse en 2×4 asook 4×4 roetes.
Gaste kan op hul eie ry mbv n volledige padkaart van al die roetes asook n lys van verskillende besienswaardighed. Besienswaardighede sluit in Boesmantekenige,ons eie Gods window en Canyon asook verskillende ysterklipformasies. Die uitkykpunte is enige fotograaf en natuurliefhebber se droom.
In die warm somer maande is daar ook n heerlike koel dan om in aftekoel.

Fasiliteite

Ruim 4 slaapkamer plaashuis met volledig toegeruste kombuis,sitkamer,badkamer en apparte opwas. Binne en buite braaigeriewe. Huis bied slaapplek vir 10 persone

Gratis Kwotasie