Journey’s End

Enquire
Vanaf R250

Kom ontspan op Journey’s End in die pragtige Weskus dorpie, St. Helena Baai op ons een enhalf hektaar kleinhoewe net +-5min se ry vanaf die naaste strand, hawe en winkels. Pragtige uitsigte oor plaas-vallei, diPaternoster en die see. Geniet uitstappies, draf, fietsry op ons stil paaie. Skulp bestrooide strande, dolfyne, walvisse, besoek Cape Columine lighuis, Weskus Nasionale Park, Tietiesbaai, Paternoster, Fossiel park, bootreis op die Berg rivier in Velddrif en nog vele meer. St. Helena Baai is die ideale dorpie gelee om die Weskus en verskeie dorpies op dag reise te ontdek. Ons is diere vriendelik vir 2 klein honderasse met vooraf reeling met eienaars.

Fasiliteite

Oopplan ten volle toegruste unit met lang omheinde patio. Koningin groote bed, on-suite stort, kitchenette met groot yskas/vriesafdeling, mini stoof met oondjie, mikrogolf, etensarea, DSTV Lite (50 kanale), braai fasiliteite op die patio. Komplimentere tee, koffie en suiker. Linne en handdoeke word voorsien, behalwe strand handdoeke.

Meer Fotos