Outpost – Dullstroom


Wat ’n lekker rustige atmosfeer?!

Ons het in die dam huis en stal gebly.

Outpost was baie skoon en netjies op aankoms. Ons het vroeer ingeboek en die plek was reeds gereed vir ons.

Ons het glad nie in aanraking met die eienaars of werknemers gekom nie, maar die plek vanself het ons baie welkom laat voel.

Daar was oor as genoeg slaapplek en komberse beskikbaar vir ’n koue nag in Dullstroom. Hout was vir ons uitgesit om die kagel te gebruik.

Die hoof slaapkamers het ’n elektriese kombers opgehad. Op aankoms het die ander kamers elk ’n warmwater sak op die bed gehad om te help om die koue te trotseer.

Dit was ’n aangename verblyf en ek sal enige 1 aanbeveel om hul te besoek. Dis ’n lekker ontsnapping van realiteit.

Bespreek vandag jou akkommodasie by Outpost en ontsnap vir ’n naweek of week weg van realitiet.

Geniet die plaaslewe vir ’n oomblik met niemand wat jou steur.

Lees gerus meer oor Outpost.