Outpost

The Outpost is ‘n hartlike en verwelkomende selfsorg-gasteplaas in die rustige omgewing van die luisterryke Dullstroom. Twee groot damme met jetties bied die perfekte agtergrond vir ‘n vroegoggend stappie of skemer wandeling, omring deur die volop voëllewe. Wildkyk kan ook hier geniet word aangesien hier baie blesbokke, elande, springbokke en volstruise is. Die ingeslote wilds-area is beskikbaar vir alle gaste.

Fisherman’s is ‘n romantiese hut in die woud wat omring word deur die lieflike aronskelke wat welig hier groei. Die sonsopkoms oor die dam bied die perfekte uitsig.
Die Stal is ‘n knus kothuis met volledige DStv. Dit is perfek vir ‘n gesinswegbreek. Van hier af kan jy die son sien sak oor die plaas met al sy plaasdiere (beeste en skape).
Feathers is ‘n huislike eenheid met ‘n uitsig oor die ou stalle. Dit is perfek vir ‘n paartjie wat op soek is na ‘n ontspanne wegbreek.

Die Damhuis is ‘n groot gesinseenheid met slaapplek vir 6. Dit het vol DStv en 2 TV’s, ‘n binnebraai en pooltafel.
Die Sara-eenhede is ideaal vir gholf-entoesiaste, verjaardagpartytjies en groepe. Elke eenheid het slaapplek vir 6 (enkelbeddens) en daar is aparte ablusiegeriewe vir mans en vroue. ‘n Volledig toegeruste, gemeenskaplike kombuis het eetgerei en breekware. Daar is ‘n gaste-sitkamer met ‘n kaggel, buite-braaigeriewe, ‘n lapa, ‘n speletjieskamer met ‘n pooltafel en die eenhede kyk uit oor een van die groot damme op die plaas.

Die kapel in die bos bied ‘n intieme, prentjiemooi atmosfeer vir enige toekomstige bruid of ‘n pragtige doop.

Ons het volledige konferensiegeriewe, ‘n troulokaal en spesiale spanbou-pakkette. Entoesiastiese gholfspelers kan gebruik maak van ons hoogs aangeskrewe gholfbaan en oefenbof. The Outpost streef daarna om jou ervaring so gemaklik moontlik te maak.

Van verblyf tot spyseniering, sorg ons vir al die details sodat jy nie jou daaroor hoef te bekommer nie!

Indien jy wil wegkom van die gedruis van die stadslewe is The Outpost Dullstroom met sy verskeie selfsorg-eenhede die perfekte keuse.

Ons is 15 km buite Dullstroom op die Machadodorp-gruispad geleë. Dit word onderhou op ‘n gereelde basis en is toeganklik vir enige sedan-motor.

Fasiliteite

Dam Huis slaap 6
Die Stal slaap 4
Feathers slaap 2
Fisherman’s slaap 5
Almal selfsorg eenhede.

Sara eenhede (4) elk slaap 6 enkelbeddens met ablusiegeriewe vir mans en dames apart, asook gemeenskaplike kombuis en braai lapa area.

Meer Fotos

Gratis Kwotasie