Xanske’s Place Kleinmond

Xanske’s Place is ‘n selfsorg-vakansiehuis wat net 300m van Kleinmond se hoofstrand en stapafstand van die winkels af geleë is. Kleinmond lê op ‘n strandmeer by die mond van die Botrivier, op ‘n strokie land tussen die Palmietbergreeks en die Atlantiese Oseaan. Die dorpie is maklik om te bereik van Kaapstad af via die R44, ‘n pragtige kuspad.

Fasiliteite

Xanske’s Place het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, en ‘n oopplan-kombuis en -sitarea. met n binnebraai en pooltafel.

Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed, die tweede slaapkamer het ook ‘n dubbelbed en die derde kamer het 2 stapelbeddens.

Die gerieflike sitarea het ‘n TV met DStv, bring net jou eie dekodeerder en slimkaart saam.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met ‘n mikrogolf, stoof en oond, ‘n yskas en ‘n skottelgoedwasser.

Daar is ook ‘n braaiplek buite waar mens lekker kan kuier. Die tuin is omhein, ons is dierevriendelik .

Dit is volledig ingerig, maar onthou om jou eie beddegoed en handdoeke saam te bring – beddegoed kan voorsien word teen ‘n addisionele koste.

Fotos

Gratis Kwotasie